Click To Visit GALLAGHER ACCOMMODATION

Click To Visit VIEW SHOW

| DESTINATIONS & RESORTS | WHEELS | ACTIVITIES & SERVICES | ACCESSORIES | HOLIDAY SPECIALS |
BEELD

Beeld Vakansieskou 2010 - 2014

Dit is vir Beeld aangenaam om aan te kondig dat ons 'n langtermyn-vennootskap vir die volgende vyf jaar met die Vakansieskou gesluit het.

Beeld is sedert 2006 by die Beeld Vakansieskou betrokke en bied jaarliks aan ons lesers die geleentheid om op hoogte te kom van alles wat gebied word om vakansies beter en lekkerder te maak. Uitstallers kom van dwarsoor die land asook die buiteland om hul produkte uit te stal. Besoekers stroom na Johannesburg toe om na die uitstallings by Gallagher Konferensiesentrum te gaan kyk.

Vanweë die skou se gewildheid is bekende vervaardigers van woonwaens, sleepwaens en motorhuise se uitstallings elke jaar groter en beter.  Behalwe vir die Vakansiewiele-uitstallers (woonwaens, alle-terrein-sleepwaens, motorhuisvervaardigers), word kategorieë soos Bestemmings en Oorde, Aktiwiteite en Avontuur, Operateurs en Dienste asook Toerusting en Media ook goed verteenwoordig.

Die Beeld Vakansieskou gee ‘n uitsonderlike geleentheid aan families om reeds vroeg in die jaar na nuwe produkte en dienste te loer. Verskeie uitstallers maak spesifiek van die Beeld Vakansieskou gebruik om hulle nuwe produkte bekend te stel.



ABOUT | CHOOSE A STAND | STAND RATES | TESTIMONIALS | MARKETING | MEDIA | ONLINE APPLICATION | TERMS & CONDITIONS  | 2010 REPORT ||

 
Copyright 2010 © Interactive Trading 498 (Pty) Ltd, All Rights Reserved